JOIN OUR MAILING LIST


 

Adele Reynders

Adele Reynders is 'n skrywer en kunstenaar. Sy behaal haar BA Graad deur UNISA met Kommunikasiekunde, Kommunikasiereg en Kunsgeskiedenis as hoofvakke en Suid-Afrikaanse Argeologie as 'n groot belangstellingsvak.

Soms vervul sy haar lewensideaal om prentjies te skilder op papier deur middel van woorde. Sy skryf graag romantiese fiksie met 'n spanningslyn.

Adele Reynders se liefdesverhale is gemik op die 35+ groep. Gewone mense, soos ek en jy. Die held en heldin kon jyself gewees het. Hulle is aantreklik, maar nie beeldskoon en brandmaer nie. Is al deur die meule, was miskien tevore getroud, is nie skatryk nie, maar beslis nie versukkeld nie. Oulike mense wat jou vriende en vriendinne word, terwyl jy hulle liefdesverhaal saam met hulle beleef.

Adele skryf wat sy self graag lees: avontuur, spanning en baie humor. En soms kom maak daar 'n spook 'n draai in van haar boeke. Sy is rasend mal oor die natuur, die Kugerwildtuin en Marlothpark en daarom kuier of woon haar karakters dikwels in Mpumalanga. Iemand het eenmaal gespot: As daar nie 'n leeu êrens in haar boeke brul nie, is dit nie 'n Adele Reynders boek nie.

Adele se boeke is te koop op E-boek by www.boekemakranka.co.za, of kontak haar direk by adelereynders@gmail.com of op 0829638388

Back Back to top